As dit 1 April was, sou ek geld wet dat dit 'n April fools joke was. Domino's die wereld se grootste Pizza aflewering maatskappy wil begin Pizzas af lewer met 'n radio beheerde Drone. Soos hulle demonstreer in die video.
Terwyl dit nou nie die 1ste April is nie sou ek raai dis 'n PR stunt.
https://twitter.com/blousand
Om die blog aan die gang te hou met nuwe tegnologie nuus en dit vinnig te doen is 'n groot uitdaging. Wat dit ook moeiliker maak is dat ek in London is en nie so goeie gevoel het van wat vir en in Namibië belangrik is nie.
Daarom gaan ek gebruik maak van twitter, om die warmste nuus deur te gee en hopelik gesprekke uit te lok oor wat in die tegnologie wêreld gebeur.
Meer belangrik is dat ek graag sal wil he dat julle vrae en opinies ook deur stuur en daardeur die radio praatjie meer rig op wat julle wil hoor en van wil weet.
Die blog sal nog steeds gebruik word maar vir die weeklikse praatjie en vir groter nuus stories soos die launch van die nuwe iPhone, iPad en so aan.
Hier is die Twitter address: https://twitter.com/blousand
Nou as jy gewonder het wat van die iPhone 5 geword het en wanneer dit beskikbaar sal wees, hoef jy waarskynlik nie meer lank te wag nie. Die elektroniese maatskappy Sharp se president het tydens die maatskappy se kwartaallikse finansiële uitslae bevestig dat hulle die skerms vir die iPhone in Augustus gaan begin lewer. Sharp saam met LG en Japan Display Inc. is een van die drie vervaardigers vir die retina skerms.
Dit bevestig die multi gerugte wat die rondte doen dat die iPhone 5 in September en moontlik die 12de September aangekondig sal word. Dit sal sin maak, aangesien Microsoft offisieel Windows 8 en hulle tablet rekenaar, die Surface in Oktober bekend gaan stel.
As jy gisteraand gesukkel het om by jou Facebook-blad in te log is jy nie alleen nie. ‘’n Groot gedeelte van Facebook was vir so 3 ure af gisteraand nadat dit deur die hacking groep Anonymous tot op sy knieë gebring is.
Anonymous is op die oomblik die mees berugte groep met idealistiese motivering. Hulle is veral gekant teen kapitalisme, sensorskap en mense regte skendings.
Gisteraand was “RIP Facebook” die boaan Twitter se trending lys en Anonymous het deur Twitter bevestig dat hulle daaragter sit en Facebook het dit ook nie ontken nie.
Hoe sal jy voel oor ‘’n battery in jou slimfoon, tablet rekenaar of dalk jou kar wat in 5 minute vol laai en vyf keer langer hou as die beste lithium batterye?
Dis nie ‘’n ydele lugkasteel nie, maar die produk van Professor Amy Prieto van die Colorado Universiteit. Dit sal die eerste maatskappy wees wat gestig is uit die Universiteit se kommersiële program vir skoon energie.
Die groot verskil is dat litium batterye op die oomblik maak gebruik van ‘’n katode en ‘’n anode met ‘’n vloeistof in die middel wat dit moontlik maak om die elektrone te oes. Die Prieto battery sal gebruik maak van nano-draadjies en nano-buise om die katode en anode in mekaar te weef, wat die hoog toksiese vloeistof uitskakel en die battery nie net omgewings vriendelik maak nie maar ook baie meer effektief.
Op die oomblik is die battery nog net in ‘’n ontwikkelings fase, maar as dit effektief bewys bewys kan word op groot skaalse produksie sal ons dit binnekort in alles van slim-fone tot karre sien.
As jy films kyk soos “Minority Report” of “Avatar” en jy kei na die tegnologie, sal jy verskoon word om te dink dat glas en spieël s wat inligting projekteer iets is wat fantasties sal wees, maar nog vêr in die toekoms is.
Maar hierdie tipe tegnologie is hier en kan bekostigbaar gemaak word, wat beteken jy kan dit in huise begin verwag in die volgende paar jaar. Daar was al voorheen soortgelyk tegnologie “af-geshow “ maar dit was als prototipes wat gewone mense nie kon bekostig nie, maar nou het Seraku ‘’n slim-spieël bekend gestel wat deur ‘’n Android tablet rekenaar gedryf word en dis ontwerp vir die badkamer. Die idee is dat dit die spieël bo jou wasbak vervang en deur die tablet rekenaar vir jou die nuus, weer, verkeer of emails way terwyl jy jou harekam of tandeborsel. Die eenheid kom ook met ‘’n skaal wat in die vloer gebou word en die spieël kan jou gewig wys sodra jy voor hom staan en selfs vir jou grafieke wys om te sien in watter rigting jou gewig gaan.
En as jy gedink het die spieël sal vol vingermerke wees omdat hy tog sal moet raak-sensitief wees, hoef jy nie bekommerd te wees nie. Rondom die slim-spieël is sensors wat uitwerk waar op die spieël jou vinger is sonder dat jy aan die spieël raak.
Ander gebruike wat deur die uitvinders gesien word, is om die nuus te lees in haar salonne. En as jy ‘’n salon so tegnologies maak kan jy net so wel Panasonic se nuwe haar was robot ook implementeer, maar ek sal bietjie later oor die skryf.
The Verge het ‘’n video gemaak by die Ekspo in Japan wat presies wys hoe dit werk.
Facebook is besig om ‘’n nuwe funksie te toets op ‘’n klein groepie gebruikers op die oomblik. Indien hulle dink dit werk sal dit beskikbaar gestel word vir die res van die wêreld. Die nuwe funksie sal jou in staat stel om US$ 2 te betaal om jou status te beklemtoon by meer van jou kontakte.
Op die oomblik maak Facebook gebruik van ‘’n algoritme wat kyk na die hoeveelheid “likes” wat jou nuwe status ontvang en werk dan uit hoe wyd in jou netwerk hy dit moet adverteer. Dit maak seker dat net die sappigste nuus wyd en suid geadverteer word. Maar nou sal jy kan betaal om jou nuus aan almal geadverteer word.
Die funksie sal miskien nie so baie gebruike vir die gewone Facebooker hê nie, maar vir maatskappye het dit nagglas baie waarde.
Pandora is 'n radio stasie wat nie een sender het nie, maar so pas die 150 miljoen luisteraars merk verby gesteek het. Hulle saai net op die internet uit en het luisteraars van reg oor die wêreld. Omdat Pandora 'n internet radio stasie is het hy unieke funksies, jy luister nie soos op gewone radio net wat uitgesaai word nie, maar jy kies waarna jy wil luister. Dit beteken jy en jou vriend kan na dieselfde stasie luister, met dieselfde inhoud maar hoor verskillende musiek as julle smaak sou verskil.
Jy kan ook na Pandora luister deur jou slim-foon of tablet rekenaar, en die Pandora App is die 2 de meeste afgelaaide app in Apple se App Store ooit.
Internet radio stasies wat jou toelaat om jou musieksmaak op te stel is al vir 'n rukkie in die omloop, maar Pandora is die eerste Super Stasie en mag die industrie verander. Hulle is ook besig om met motor maatskappy te praat om Pandora in elke nuwe kar in die wêreld te integreer.
Ek probeer nou al die heelweek om niks te sê oor HP se nuwe skoot rekenaars nie. HP is nou nie een van my gunsteling rekenaar vervaardigers nie, maar die slag het hulle vir ‘’n verandering iets wat aandag trek. HP het vroeër vandag in Sjanghai Sjina ‘’n reeks nuwe rekenaars bekend gestel, onder andere die Envy Spectre XT. ’n Rekenaar wat ons al vroeër die jaar kennis geneem het van, maar nou is dit offisieel.
Dit is ‘n dun skoot rekenaar wat baie soos Apple se Macbook Air lyk. Een van die joernaliste het dit in ‘’n vraag-en-antwoord-sessie uitgewys en HP was vinnig om die verskille uit te op te noem. Net soos die tendens is, het die rekenaar nie ’n DVD dryf nie en min USB-poorte, maar inruil daarvoor kry jy: ‘’n 1 Gigabit netwerk poort, ’n HDMI poort, 8GB geheue, 256GB soliede staat hardeskyf en is hy net 14.5mm dik en weeg net 1.39Kg.
Wat prys betref kos hy binne 10% van ‘n Macbook Air met dieselfde spesifikasies.